1

2022 Toegang oop / 2022 Admission Open

Toegang Oop
Toegang Oop
Toegang Oop
  • Inskrywings vir Graad 8 is nou oop
  • Ons Bied Klein klasse vir Graad 8 tot 12
  • Graad 12 skryf Nasionale Senior Sertifikaat
  • 100% slaagsyfer vir Graad 12
  • Volledige Rekenaarsentrum



2021 Opedag




2020 Matrikulante

Baie geluk aan ons 2020 Matrikulante! 100% Slaagsyfer en 5 Universiteitstoelatings!
Ons is super trots op elkeen van julle. Sterkte met julle nuwe lewensavontuur!




Welkom by Excelsior Akademie

By Excelsior bied ons:

  •  Graad 8-12
  • Onderrig in kleiner groepe vir meer persoonlike aandag
  • Onderwysers opgelei in nuwe ”CAPS” kurrikulum.
  • Hoë standaard, Christelike onderwys.
  • Ten volle toegeruste onderwys.
  • Erkende Nasionale Senior Sertifikaat word geskryf.



2021 Registrasie is Oop

Daar is enkele plekke beskikbaar vir 2021




Maak keuses oor onderwerpe



Graad 8 en 9 (CAPS)

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele taal
  • Wiskunde
  • Lewensoriëntering
  • Ekonomiese Bestuurswetenskappe
  • Natuurwetenskappe
    • Lewenswetenskappe
    • Fisiese Wetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe
    • Geografie
    • Geskiedenis
  • Tegnologie
    • Teorie
    • Tegniese tekeninge
  • Skeppende Kunste
    • Dramaties kunste
    • Visuele Kunste

Graad 10, 11 en 12 (CAPS)

Sewe vakke word geneem

4 Verpligte vakke

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele taal
  • Wiskunde of Wiskundige geletterdheid
  • Lewensoriëntering

Kies 3 Verpligte vakke

  • Lewenswetenskappe
  • Fisiese Wetenskappe
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO)
  • Dramaties Kunste
  • Visuele Kunste
  • Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
  • Toerisme



Herinneringe




Aanlynklasse

2020 Aanlyn klasse vir leerders met ADD/ADHD by Excelsior Akademie

‘n Geleentheid vir leerders om aan te hou met die jaar se kurrikulum.

Leerders met aandagafleibaarheid vind dit reeds moeilik om die pas vol te hou in normale omstandighede, om te wag tot die skole weer oopmaak sal die druk net te veel maak.  Daarom het ons vandat die 2de kwartaal oorspronklik sou begin (31 Maart) begin aanlyn klasse aanbied vir ons graad 8’s–12’s.

Hoe word dit gedoen?  Ons het ‘n rooster opgestel vir al ons grade met al ons vakke.  Al die leerders en onderwysers moet beskikbaar wees van 7H30 tot 14H15 (gewone skoolure).  Elke klas en vak het ‘n WhatsApp groep wat hulle met hul onderskeie onderwysers deel. So kommunikeer die onderwyser elke periode met die leerders oor wat die leerders in die periodes moet doen.  Klasse word tydens die periodes op verskillende maniere aangebied bv. met Powerpoint lesse, WhatsApp live chat ens.  Vir werk wat voltooi moet word het elke klas ook ‘n Dropbox groep waarop huiswerk ens. gelaai word.  Voorbeelde van hierdie lesse is op ons webblad gelaai.

Binne die eerste dag het ons die volgende terugvoer van een van ons ouers ontvang:  “Ons wil net graag vir julle Baie dankie sê vir die ongelooflike werk wat julle vir ons kinders doen. Bella is Baie opgewonde en positief oor die online klasse en ek kry die idee dit gee haar ‘n gevoel van normaliteit wat op die stadium wonderlik is.”

Vir voorbeelde van lesse wat ons beskikbaar stel , besoek asb. ons webblad: www.www.excelsiorakademie.co.za

Indien u dringend u kind aan die werk wil kry sodat hy/sy nie agterraak nie is u welkom om ons te kontak. Beperkte plekke is beskikbaar. 

Kontak ons gerus op vir meer inligting:

E-pos adres:  excelsioraka@gmail.com

Tel. Nr: 012 661 0528

Ons kinders is ons toekoms.




2020 Registrasies

2020 Registrasies het begin! Julle is welkom om ons te kontak vir meer inligting oor ons skool. Ons is geakkrediteer deur Umalusi en bied die CAPS kurrikulum aan.




Valentynsdag 2020