Kleiner klasses vir Gr 8 – 12

12:1 Leerder – Onderwyser – verhouding

Ideaal vir leerders met ADD / ADHD

100% Gr 12 slaagsyfer

Erkende Nasionale Senior Sertifikaat

Onderwysers wat kundiges in hul vakke is

Gestig in 2007
Ek was een van die ongelukkige 2020 matrikulante wat die lewe se uitdagings moes “face”. Vir iemand wat ADHD het en Disleksies is, was dit ‘n baie moeilike jaar, veral met ‘n vak soos IGO. Gelukkig het Mnr Jaap se klas aanbieding via Zoom en WhatsApp baie gehelp. Ek het altyd gewonder hoekom ek IGO moet doen. Mnr Jaap se hulp het my die kennis gegee wat ek vandag, waar ek ‘n vakleerling by ‘n Ingenieurs maatskappy is, kan gebruik. Dan is daar ook onderwyseresse soos Juffrou Ansu wat ongelooflik baie passie het vir haar vak, Engels! Sy het baie na ure en selfs oor naweke vir my gehelp met veral die voorgeskrewe werke wat vir my maar Grieks was. Ek het Matriek geslaag met vrystelling! Ek waarder al die hulp wat Excelsior my gegee het.
FC Truter
STUDENT GETUIGSKRIF
Déan het baie vinnig ingeskakel by Excelsior. Die kleiner klasse en persoonlike aandag is absoluut tot sy voordeel. By Excelsior is elke kind van belang, Déan het sy selfvertroue herwin en skool is nou ‘n plesier vir hom. Die reëls word streng toegepas met gevolge indien dit nie nagekom word nie. Onderwysers gee persoonlike aandag aan elke kind en Déan ervaar almal positief en toeganklik. Ek is baie tevrede by Excelsior en ek glo ons sal die pad voluit saam met hulle stap.
Wilmarie Weideman
GETUIGSKRIF VAN ‘N OUER
Biologie was nog altyd ‘n moeilike vak wat almal laat weghol. Al daai moeilike terme maak jou sommer deurmekaar en gefrustreerd! Maar met die regte onderwyser kan jy enige iets bereik. In Juf Wilna se klas was leer lekker. Juf Wilna het ons geleer om stap vir stap alles te highlight wat belangrik is in jou handboek. Terwyl Juffrou Wilna lees sal sy elke paragraaf verduidelik met prentjies of diagramme wat ons dan ook neer skryf. Hierdie tegniek maak alles soveel makliker veral as jy moet leer en vir ‘n leerder soos ek wat nog altyd gesukkel het met fokus en leer het hierdie tegniek my baie gehelp om alles te verstaan. Biologie het my baie gehelp na skool omdat ek vir 'n graad in “Nature Conservation” gaan studeer het. Ek het nog altyd ‘n passie gehad vir die Natuur en alles te doen met dit en Biologie het my definitief gehelp om hierdie passie te volg na skool! Dankie Juf Wilna dat jy my gehelp het om my passie te kan volg.
Karla Swart
ALUMNI GETUIGSKRIF

Vind meer uit oor Excelsior Akademie en ons akademiese program.

SUKKEL JOU KIND OM IN DIE HOOFSTROOM SKOOL TE VORDER?

Open chat
%d bloggers like this: